Hier volg ‘n paar van die mees algemeenste wenke. Nuwes volg binnekort.

As jy opsoek is na ’n spesifieke wenk, e-pos my en ek sal kyk of ek die inligting kan kry en dit op my webtuiste plaas.

 

Vuil en gevlekte koper

Wenk:
Meng su
urlemoensap (wat jy in bottel gekoop het of vars gedruk het) met een of twee teelepels tafel sout tot ‘n pasta. Gebruik ‘n klein borsel of ‘n ou tandeborsel om die mengsel op die item mee aan te wend. Maak die item met ‘n lap skoon en poleer dit met metaal politoer soos gewoonlik. Suurlemoensap en sout is ‘n flou hidrochloried suur.

Koppel van ’n muurprop

Dit gebeur dat die prop vervang moet word of dat ‘n nuwe toestel nie ‘n prop op het nie. Hierdie is ‘n maklike manier om te onthou hoe om dit te doen.

Hou die prop met die punte weg van jou af en die plek waar die kabel inkom aan die onderkant. Gebruik die tweede letter van elke kleur se woord om te bepaal waar die kabel gekoppel moet word.

Blou kabel—koppel die kabel aan die linkerkantse pen.

Bruin kabel—koppel die kabel aan die regterkantste pen.

 

Boor werk

As jy ‘n gat wil boor en tot ‘n sekere diepte moet gaan.  Meet die diepte wat jy wil boor en draai ‘n stukkie maskeer band om die boorpunt op die merk. Boor dan die gat tot dat die maskeerband op die oppervlakte is. Die gat is dan op die diepte wat jy wil he. 

Kraan wat lek

As die kraan in die tuin lek kan dit moontlik wees omdat die seel wat om die skag moet seel nie sy werk doen nie. Draai die moer bo om die skag nog ‘n bietjie stywer vas (dit sal die seel meer laat uitsit om beter te seel) tot die kraan ophou drup. 

Selfdoen hulp en wenke

Laat ons jou drome ontwerp en bou

 

 

Yster en Hout

Wenk om “putty” wat oorbly te bêre:

Dit gebeur baie dat jy ‘n installasie doen of ‘n venster vervang en nie die hele pakkie putty opgebruik nie. Wat nou gedoen?

Rol die putty wat oor is in aluminium foelie toe en sit dit in die yskas, dit kant tot ‘n jaar lank so gestoor word.

Indien jy dit nie in die yskas wil bêre nie kan dit in ‘n koel droë plek bv, die motor huis of gebêre word.

Verleng die lewe van herlaaibare batterye

Die lewe van sommige herlaaibare batterye (Loodsuur , en geseëlde batterye) kan verleng word deur die toestel op die laaier te los as dit nie in gebruik word nie. Word nie aanbeveel  vir selfone ,  NiMh en NiCad batterye nie.

Al ooit ‘n flits wou gebruik, maar die batterye laat jou in die steek? Daar is baie vervaardigers van herlaaibare batterye vandag . Gebruik ‘ n stel en los een stel in die laaier vir latere gebruik. Daar is ook  “converters” beskikbaar sodat “AA” batterye gebruik kan word in die plek van “D” groottes , en “AAA” in die plek van “C” grootte batterye.