*

Tuisblad

 

Staalwerk

Ons is anders,

ons doen dinge op die ou manier,

hand gemaak.

Stoele, Tafels, relings, heinings, veiligheidshekke, motorhekke, diefwering, kersblakers, ornamente, en nog baie meer.


 
Meeste van die werk word met die hand gedoen: buig, krul, wals, vorm, sny en as dit nodig is word die  metaal in die herd verhit en op die aambeeld gesmee.

 

 

Houtwerk

Vervaardiging van kombuiskaste, boekrakke, wyn rakke, lessenaars, stoele, eetkamertafels, dekstoele, traprelings, rame, kosyne, tuinbankies, klimrame, houtspeelgoed, babawiegies, vertoonrakke, en nog baie meer.

 

In die moderne tyd waarin ons leef het die kuns van fyn houtsneewerk en skrynwerk baie verminder. Daar is min van die ou garde skrynwerkers oor wat nog weet hoe om met ’n handskaaf ’n deur te pas of wat ’n slot se gat uitkap met ’n beitel en blokhamer.

Ons doen dit nog so.

Ons het die kundigheid om vergange tyd se meubels te restoureer na bykans die oorspronklike  toestand. As jy ’n stoel of tafel het wat ’n maat kort om weer ’n volledige stel te kan maak, kan ons dit vir jou doen.

 

 

Posbus 7351

Onverwacht

Lephalale

0557

Kontak ons so:

Tel:  082 457 1445

Faks:  086 675 9679

E-mail:  ystetco@ysterenhout.co.za

Laat ons jou drome ontwerp en bou

 

 

Yster & Hout